Markus Oralrus by die see
Markus Oralrus

Elke goeie groep het 'n diep denker nodig, en danksy Markus Oralrus het Die Kaappunters ook ene.  Die filosofie agter Oralrus is eenvoudig dog indrukwekkend, modern dog antiek.  Dit het nou verbande met Taoisme maar is aanpasbaar met meeste van die hedendaagse gelowe Christendom, Alkohol en Microsoft.  Dit behels bloot die dag (en die nag) aangryp soos in Dead Poet's Society deur nie veel meer van elke oomblik te maak as wat dit reeds nie.  En wat is dit?  Elke oomblik is 'n geleentheid aan ons gegun om te lewe.  En hoe sal jy wil lewe?  Wel dis die vraag, is dit nie?  As jy weet waarvan jy hou, hoekom nie jouself daarop toespits nie.  

Wees bewus van die lewe en die weerstand wat dit mag bied en beweeg so saam met die heelal dat jy in harmonie met alles is.  En dit is wat Markus honderd en vierentwintig persent regkry: harmonie!  Danksy hierdie dieper insig spog Die Kaappunters met baskitaarklanke wat vermaak en vervoer na wêrelde van harmonieuze genot.  Maak nie saak hoe wild Wian Anders se lirieke raak, of wulps Vuilsak van Staden daai drom slat nie, met Markus op die bas kry jou oor Oralrus