Kliek Hier om luister na Die Kaappunters se eerste volledige langspeelplaat

Daar is heelwat musiek van Die Kaappunters nou al beskikbaar, maar hier is so paar liedjies om jou lus te maak om verder te soek

Rietkooinooi
ek is seker jy het hierdie al gehoor
die gawwerment is net ‘n duiwel in jou oor
die main stream media het die plot verloor
die libtards like die kommuniste wat jou moor
jy kan niemand trust nie, maar jy kan my maar glo
en ‘n new born nazi lees die Bybel vir jou voor

leke predikers voer jou statistiek
verkondig fabels soos in 5G maak jou siek
en almal’s teen jou as jy teenoor alles isdie leuens verskeur die hele wêreld middeldeur
selfs die fake nuus fake dit as hul fake nuus skree
het die wêreld dan nou mal geword of gee jou kop net mee

ek kan goed onthou hoe lekker was die dae
ons het van niks geweet en niks het ons gepla
mooi nooi die rietkooi nooi, die rietkooi is gemaak
die rietkooi is vir my gemaak om by haar te lê en slaap

Kommunis ou Chris, jy’s ‘n hopelike case
in jou two tone frokkie speel jou Koos Kombuis
en jou faceboek vriende is ook almal uitgespace
want hul like vir Frikkie in sy sweet naïwiteit
hy is ‘n vangs vir Sarie daar op universiteit
hy’t ‘n spierwit bakkie met ‘n plekkie vir ‘n knyp
wat ‘n gawe mamma wat tjek als werk uit oukei

wie’s jy meisie met die mooi bruin oë
kom vertel my iets waarin ek kan glo
kom verlos vir my van die bakleiery
laat ons vry al sou ons voorvaders stry

en net sodra jy dink jy is in beheer
wys die wêreld dat jy eintlik nog maar leer

Duiwel in die Detail
Op die dag van sy bevryding

het die vreugdevuur gebrand
daar was blydskap in die mense
in die hart van hierdie land

dit het gewemel in die strate
selfs die gryses het gesê
hulle is bly dat hulle kinders
ook nou vryheid sal kan hê
  
met die jare wat verloop het
het die glimlagte verstryk
en al die vreugdesvure 
het na rubber begin ruik

jy trou miskien vir jare
maar die bruilof duur ‘n dag
en dan werk jy weer    van voor af
om geluk hier op te bou
Met monsters in die mure
wat die haat gekoester hou
Oh no

Die duiwel lê daar in die detail
sy hand nog op die Bybel
waarmee hy jou kom label
nie jy nie, jy hoef dit nie te glo nie
sê dit is nie so nie
vertrou jou eie oë nie?

maar eendag kom die waarheid
op sy perd hier aangery
en almal wat gepreek het
moet in stilte gaan bely
want ons wil jul nie meer hoor nie
al die haat moet nou verby

want ons wil ‘n land van voorspoed
waar almal in kan bly
en dit is in ons se hande
om ons koppe te bevry

sê jy

vryheid, voorspoed en gelykheid
lei tot goed soos blyheid, liefde en geluk
vrede rym so goed met lewe
altyd in die hede
vir ‘n kort besoek

Die duiwel lê daar in die detail
sy hand nog op die Bybel
waarmee hy jou kom label
nie jy nie, jy hoef dit nie te glo nie
sê dit is nie so nie
vertrou jou eie oë nie?

Onverlore
Sit in die son en verlang na jou vriende
Die wind verbind die voëls en die see se gesuis
Oor jou huis
Jy's bewus van die swaar maar jy hoop op die beste
Dis Bybelse dae en mense besef dit is juis
'n tyd van gedruis

Jy wens daar was iets wat jy aan die saak kon doen
Jy kyk rond in die huis
Jy was te lank net tuis
In jou eie huis

Uit by die hek is jou brein al op toere
Weg op 'n wolk is jou kop in vervoering
Weg
Ver weg
Om te loop in die sand en te dans langs die vure
Om 'n voetpad te vat in die veld tot waarewwer
Weg
Ver, ver weg

Elke mens skryf sy eie verhaal
Elke ene
Besluit op 'n tyd om die noodlot te gaan haal

Maar als sien anders daar uit
As jy dit regkry om jou af te sny
Van jou verhaal te bevry

Ongebore
Onverlore
Onbewus van die nood
In verhale
Ander tale
Om 'n nuwe woord te hoor

Sien jouself
Soos jy is
Ken jouself
En die wêreld wat jy is

Al wat dit vat is om net hier te wees soos jy is
Jy beleef 'n fees as jy dink hoe erg dit kan wees
Kyk na die kewer hy's happiest shoveling shit
Keep it together, maak peace met whatever daar is
Want dit is hoe dit is
Dit weet jy gewis

Sit in die son en verlang na jou vriende
Dit reën in die aand, maar dis alles dieselfde
Of is dit soos dit is

Jy hoor oor die nuus van die ateroïde
Gelukkig het hy net skrams ook die aarde gemis
Net skrams
Maar mis

Daai plaas van my

Heel nag lank elke aand
op’aai plaas van my
Aan die brand, elke aand
op’aai plaas van my  

Dans daai lyf wild en wakker
op’aai plaas van my
sy’t niks om oor te treur nie 
dit maak nie wind of weer nie
solank sy oppie plaas kan bly

Sy’s ‘n dame van die Weste
en sy wandel in die wind
sy hou van om te wonder
en te swewe soos ‘n kind
maar soms kry sy bevlieging dan verander sy in Jane
wat swem daar in die brandewyn

ek kom da uit die suburbs
en trek toe na die plaas
en dit was mos die licence 
om heel nag lank te raas
en môre as die koeie met die eerste sonlig kom
dan draai ek maar die plaat weer om

soms het jy die stilte nodig 
soms soek jy die horison
somstyds word jy klein en verdwaal daar in jou eie brein
somtyds is jy siel 
somtyds is jy wat ook al
maar heeltyd sal die sterre skyn

Heel nag lank elke aand
op’aai plaas van my
Aan die brand, elke aand
op daai plaas van my  

Dans daai lyf wild en lekker
op’aai plaas van my
Daar’s niks wat haar sal keer’ie
nie die wind of weer nie
solank sy oppie plaas kan bly

soms raak ek alleen en dan steek ek ‘n partytjie aan
dan stroom hul almal in
en hul sit daar in die binnekring
gedagtes en ou drome, 
visioene wat ook binnedring
en so word ons ‘n leërskare

heel nag lank elke aand
jy kan kies as jy wil om te dans tot die hane kraai
tot die woorde in die wind jou wegwaai
terwyl die aarde draai
elke aand is ‘n aand ‘n geleentheid waarop jy kan staat maak
die sterre sal weer skyn

Heel nag lank elke aand
op’aai plaas van my
Aan die brand, elke aand
op daai plaas van my  

Dans daai lyf wild en lekker
op’aai plaas van my
Daar’s niks wat haar sal keer’ie
nie die wind of weer nie
solank sy oppie plaas kan bly

soms raak ek alleen en dan steek ek ‘n partytjie aan
dan stroom hul almal in
en hul sit daar in die binnekring
gedagtes en ou drome, 
visioene wat ook binnedring
en so word ons ‘n leërskare