Wian Anders van die Kaappunters
Wian Anders van die Kaappunters

Wian Anders kon die hoof van Old Mutual gewees het, maar soos sy naam sê het dinge Anders uitgedraai.  Vandag maak hy musiek saam met die Kaappunters en skryf lirieke wat Koos Kombuis se ou tannies aan gin en tonics laat stik:

Die Vlaglied

Dis tyd dat jou kinders wat trou is maar vra
wat beteken die vlag van ou suid Afrika
Hulle weet dis die merk van die Nasionalis
van die blank über alles, die wit supremis
van geslag tot geslag issie mense verag
hulle land ingepag en koppe verkrag
'n Nazi se kenmerk op Afrika grond
van 'n volk wat nog hunker na gister se stront
Die blou van die blank in oranje grond
Dis die kleed met klad van die skaam van Suid-Afrika
Ons lê nou die wapens neer 
Kom lê nou die wapens neer 

Wian Anders op Facebook