Bettie Blatjang is kleurvol en geheimsinnig, daarom sal mens nooit weet wat sy alles gedoen het nie.  Maar wat ons wel weet is dat sy ‘n akteur is.  Sy loop in die alternatiewe werklikheid, ook onder mense bekend as die regte lewe, rond onder haar naam Jackie Lätti.  

Die filmaker Jans Rautenbach het haar natuurlike vermoëns om onmiddellik in ‘n karakter se vel te klim, geprys.  Sy is ook ‘n sanger.  Haar mees onlangse publieke uitreiking as die stem agter Churchil Naude se bruin bliksem sal enige denkende brein verbyster met haar dramaties vertolking ala Shirley Bassey.  Derdens is sy ‘n skrywer/digter.  Dan is sy ‘n stemkunstenaar en radio-aanbieder soos gehoor op Wasgoedlyn volume 1 asook Jaco Botha se Lulu Lerulu kinder-audioboek wat sy voorlees en talle karakters vertolk.  Daarna is ook die matriarg, kostuumkonseltant/garderobemeester van die Wasgoedlyn.  Sy’s die een wat seker maak almal word na omgesien en lyk kwaai.  

Jackie Lätti het onlangs Anne van Green Gables by Naledi uitgegee.  Dis haar Afrikaanse vertaling van die klassieke roman wat al meer as 30 miljoen kopië wêreldwyd verkoop het.  Dit is beskikbaar van Naledi se website (kliek hier om vir jou te bestel teen slegs R250).  Hulle sal dit by jou huis aflewer.